← Terug na Groep

Solidariteit Helpende Hand

Chantell van Wijk
Liefdadigheid
Rooi

Skakel:

WhatsApp: 0769849598

E-pos: chantell@helpendehand.co.za

Webtuiste: https://vrystaathand.co.za/

Solidariteit Helpende Hand is ’n welstandsorganisasie wat in liefde en met uitnemendheid werk om welstand volhoubaar te bevorder deur opleiding, opvoeding en maatskaplike ontwikkeling.

Oor Ons

Solidariteit Helpende Hand is ’n Christelike organisasie sonder winsoogmerk.
Helpende Hand is deel van die groter Solidariteit Beweging en is geskoei op die beginsels van die Helpmekaar Beweging wat in 1949 gevestig is.

Ons bevorder werkskepping, selfstandigheid en volhoubare welstand binne en deur die Afrikaner-gemeenskap. Ons fokus is maatskaplike opheffing, kulturele versterking en ekonomiese bemagtiging as die boublokke van ’n vooruitstrewende gemeenskap.

Ons benadering rus op selfhelp, selfbeskikking en aktiewe gemeenskapsdeelname. Ons help individue en gemeenskappe om verantwoordelik, funksioneel en selfstandig te leef deur projekte, opleiding, opvoeding en die vestiging van volhoubare netwerke en strukture.

Ons dra spesiale sorg aan die beskerming van die mees kwesbare lede van ons gemeenskap: kinders, bejaardes en mense met gestremdhede. Hierdie groepe word ondersteun deur versorgings- en terapeutiese programme wat hul welsyn, veiligheid en waardigheid verseker.

Ons bly getrou aan die waardes van roeping, verbondenheid, uitnemendheid, naasteliefde, getrouheid en selfhelp – die kern van alles wat ons doen.

Adres



Bloemfontein

9301

Spesiale Aanbiedinge

Geen spesiale aanbiedinge tans beskikbaar nie.

×